Die Logix stelsel is 'n versameling van databasisse en programme wat die diere-aantekeningsbehoeftes van n wye spektrum van rolspelers in die veebedryf aanspreek, van telers en eienaars van suiwergeteelde diere, tot die personeel van registrerende owerhede, prestasie-aantekeningsagentskappe, Nasionale- en Provinsiale Regeringsinstansies, adviseurs en konsultante en verwante bedryfsorganisasies.
Die doel van die Logix gebruikerskoppelvlak is om aan die verskillende gebruikers n gebruikersvriendelike deurgang tot die betrokke databasisse te bied en om hulle behoeftes ten opsigte van spesifieke inligting en data-uitruiling aan te spreek deur funksionele programroetines en skerms wat saamgebind word deur n stel toepaslike keuse-skerms.
Alle lede en deelnemers van enige van SA Stamboek se dienste en / of gebruikers van enige verslae, advies of produkte en die inhoud daarvan beskikbaar op www.Logix.org.za, www.SABeefBulls.com, www.SADairyBulls.com of enige ander webwerf of webblad gebaseerde diens wat deur SA Stamboek en Diereverbeteringsvereniging Vereniging aangebied word, vrywaar SA Stamboek en Diereverbeteringsvereniging, sy verwante en volfiliaalmaatskappye, sy raadslede, beamptes en werknemers teen enige eise vir enige verlies of skade, hetsy direk, indirek, gevolglike of andersins, wat voortspruit uit enige oorsaak hoegenaamd van hul deelname aan, interpretasie van en die gebruik van sodanige verslae, advies of produkte en die inhoud daarvan op enige wyse ookal.
Stay informed! Visit the SA Department of Health's website for COVID-19 update
Die International Committee for Animal Recording is die internasionale organisasie vir die standardisering van identifikasie, prestasie aantekening en evaluasie van plaasdiere. Die doel is om die aantekening van plaasdiere aan te moedig, asook om die evaluasie deur die formulering van definisies en standaarde vir die bepaling van eienskappe, wat 'n ekonomiese rol speel. Behalwe vir die definisies en standaarde, stel ICAR spesifieke ruglyne vir die identifikasie van diere, die registrasie van ouerskap, aantekening van prestasie en evaluasie, en publiseer die bevindinge